Exodus 39:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het dit op die skouers van die skouerkleed gesit, dat dit klippe sou wees om die kinders van Israel te gedenk; soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is op die skouerbande van die skouerkleed vasgesit. Hierdie stene het die Here aan die volk van Israel herinner. Dit is alles presies net so gemaak soos die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene aan die kinders van Israel, soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Die stene is op die skouerbande van die skouerkleed vasgewerk sodat die stene kan herinner aan die stamme van Israel. Dit alles is gedoen soos die Here vir Moses beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het dit op die skouerbande van die efod vasgesit as stene ter herinnering aan die seuns van Israel, soos die Here Moses beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die oniks vasgesit aan die skouerbande van die skouer-kleed. Die edelstene het die Here laat dink aan die twaalf stamme van Israel. Hulle het alles gedoen soos die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is op die skouerbande van die kledingstuk vasgesit sodat die name op die stene Israel kon verteenwoordig. Dit is alles gedoen presies net soos die Here vir Moses gesê het. |