Exodus 39:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het oniksstene gesmee wat in goudstukke ingesluit is, gegraveer soos seëls gegraveer word, met die name van die kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het oniks poleer en dit in goud gemonteer. Hulle het daarin die name van die stamme van Israel gegraveer.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op 'n seëlsteen ingesny word, volgens die name van die kinders van Israel.
Afrikaans 1983 Hulle het oniks verwerk en gemonteer in goud. Die name van die seuns van Israel is daarop gegraveer, soos 'n vakman dit op 'n seëlring doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het die •oniksstene vasgesit, omring met monterings van gouddraad, en gegraveer met die gravering van 'n seëlring daarop, ooreenkomstig die name van die seuns van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het oniks reggemaak en hulle het die edelstene vasgesit in goud. Hulle het die name van Jakob se twaalf seuns op die edelstene geskryf soos 'n mens op 'n ring skryf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat hulle onikssteen poleer het, het hulle dit in goud vasgesit en die name van die families van die Israeliete kunstig daarop gegraveer.