Exodus 39:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die gordel van sy skouerkleed wat daarop was, was van dieselfde, volgens die werk daarvan; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook ’n gordel gemaak waarmee die skouerkleed om die heupe vasgetrek word. Dit was uit dieselfde fyn linne met blou en pers en bloedrooi wol ingeweef. Dit was presies net soos die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Die gordel wat oor die skouerkleed gekom het, was van dieselfde gehalte en daarvoor het hulle ook gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne gebruik, soos die Here vir Moses beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en ook sy versierde gordel wat daaroor kom, wat 'n deel daarvan is en op dieselfde manier as die efod gemaak is van gouddraad, pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne, soos die Here Moses beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die belt gemaak wat by die skouer-kleed gepas het, hulle het dit van dieselfde materiaal gemaak. Hulle het dit gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal, soos die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die gordel waarmee die skouerkleed om die heupe vasgemaak word, op dieselfde manier borduur met gouddraad, en blou en pers en bloedrooi wol, net soos die Here vir Moses gesê het. |