Exodus 39:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het al die werk bekyk, en kyk, hulle het dit gedoen soos die HERE beveel het, so het hulle dit gedoen; en Moses het hulle geseën.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het alles ondersoek en toegesien dat alles presies net so was soos die Here beveel het. Daarna het Moses almal geseën.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het die hele werk bekyk -- en hulle het dit gemaak soos die HERE beveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moses hulle geseën.
Afrikaans 1983 Moses het al die werk geïnspekteer en gesien dat dit gemaak is soos die Here beveel het. Toe het Moses die vakmanne gelukgewens en bedank.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het al die werk nagegaan – en inderdaad, hulle het dit gedoen! Soos die Here opdrag gegee het, so het hulle dit gedoen. Toe het Moses hulle geseën.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het goed na al die werk gekyk. Hy het gesien dat hulle dit gedoen het presies soos die Here gesê het. En Moses het hulle geseën.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het deeglik na alles gekyk en gesien dat alles presies net so was soos die Here dit wou hê. Hy het toe gebid dat die Here almal wat die tabernakel gebou het, voorspoedig sal maak.