Exodus 39:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) die klere vir dienswerk in die heiligdom en die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ook die geborduurde klere wat tydens diens in die heiligdom gedra moes word, naamlik die gewyde klere vir die priester Aäron en sy seuns wanneer hulle as priesters opgetree het.
Afrikaans 1933/1953 die kunstige klere, om in die heiligdom te dien, die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien.
Afrikaans 1983 die geborduurde klere om in die heiligdom mee te dien, die gewyde klere vir die priester Aäron en vir sy seuns om daarin as priesters diens te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) verder ook die geweefde klere om in die heiligdom dienswerk te doen, dit is die heilige klere van Aäron, die priester, en die klere van sy seuns vir die priesterdiens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) die klere wat hulle moes dra wanneer hulle in die tempel werk, die gewyde klere vir die priester Aäron en die klere vir sy seuns wanneer hulle priester-werk gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) die klere wat die priesters moes aantrek om in die tent hulle werk te doen en die klere vir Aäron en vir sy seuns.