Exodus 39:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke en die behangsel vir die voorhofpoort, sy toue en sy penne en al die gereedskap vir die diens van die tabernakel, vir die tent van samekoms,
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ook die gordyne vir die binnehof met die regop pale en hulle voetstukke, die gordyn by die ingang van die binnehof, die penne en hulle toue en al die ander gereedskap wat by die tent nodig was.
Afrikaans 1933/1953 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking vir die poort van die voorhof, die lyne en penne wat daarby behoort, en al die gereedskap vir die diens in die tabernakel van die tent van samekoms;
Afrikaans 1983 die gordyne van die voorhof, hulle style met hulle voetstukke, die afskorting vir die deur van die voorhof met sy toue en penne, en al die ander toebehore vir die diens in die tabernakel, die tent van ontmoeting;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die behangsels van die binneplein, die staanders en die voetstukke, die gordyn vir die ingang van die binneplein, die toue en tentpenne daarvan; al die toebehore vir die diens in die tabernakel, die Tent van Ontmoeting;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) die gordyne vir die oop stuk grond, die pale en die voetstukke, die gordyn vir die ingang, die toue, die penne en alles wat nodig was wanneer hulle gewerk het by die tempel-tent, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) die materiaal om rondom die binnehof te hang met sy regop pale en hulle voetstukke, die gordyn by die ingang na die binnehof, die toue en penne om die tent en die muur om die binnehof te anker, al die gereedskap wat nodig was vir die tent,