Exodus 39:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het daarvoor skouerstukke gemaak om dit aan mekaar te koppel: aan die twee rande was dit aanmekaar gekoppel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het aan die skouerkleed twee skouerbande gemaak waarmee dit aan die skouers vasgemaak kan word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het daar skouerstukke aan gemaak wat aan mekaar vas was; aan die twee bo-ente was dit saamgevoeg. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het vir die skouerkleed twee bande gemaak om dit aan die punte oor die skouer aanmekaar vas te maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vir die efod skouerbande gemaak wat daaraan vasgeheg is, en by die twee hoeke vasgewerk is, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die voorste en agterste stukke van die skouer-kleed aan mekaar vasgemaak met twee skouerbande. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het twee bande gemaak om dit oor die skouers vas te knoop. |