Exodus 39:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So is al die werk van die tent van samekoms voltooi; en die kinders van Israel het gedoen net soos die HERE Moses beveel het, so het hulle gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Uiteindelik was al die werk aan die tabernakel klaar. Die Israeliete het alles presies net so gemaak soos die Here vir Moses beduie het.
Afrikaans 1933/1953 So is dan al die werk aan die tabernakel van die tent van samekoms voltooi; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle dit gemaak.
Afrikaans 1983 Uiteindelik was al die werk vir die tabernakel, die tent van ontmoeting, klaar. Die Israeliete het alles gemaak presies net soos die Here vir Moses beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So is al die werk aan die •tabernakel, die Tent van Ontmoeting, afgehandel. Die Israeliete het dit gemaak; net soos die Here Moses beveel het, so het hulle dit gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So het hulle al die werk klaargemaak by die tempel-tent, die tent waar die Here aan hulle verskyn het. Die Israeliete het alles gemaak presies soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Uiteindelik was alles klaar vir die tent waar God sy volk sou ontmoet. Die Israeliete het elke ding net so gemaak soos die Here dit vir Moses gesê het.