Exodus 39:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop 'n skrif geskrywe, soos die gravures van 'n seël: HEILIG AAN DIE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook vir Aäron se tulband ’n blom van suiwer goud gemaak. Daarin was fyn gegraveer: “Net vir die Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het 'n blom van suiwer goud vir die gewyde tulband gemaak en daarop, soos op 'n seëlring, gegraveer: Aan Die Here Gewy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die roset, die heilige wydingsteken, van suiwer goud gemaak en daarop gegraveer soos wanneer 'n seëlring gegraveer word, “Heilig vir die Here. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het 'n blom van skoon goud gemaak vir die tulband, en daarop geskryf soos 'n mens op 'n ring skryf: “ Gewy aan die Here.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het ook vir Aäron se hoed ’n blom van suiwer goud gemaak. Hulle het met kunstige letters daarop gegraveer: “Vir die Here alleen.” |