Exodus 39:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het van die goud dun plate geslaan en dit in drade gesny, om dit te bewerk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne, met listige werk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Kunstenaar het goud in dun velle uitgerol en dun repies daaruit gesny. Hy het dit saam met die blou, pers en bloedrooi wol ingeweef in die materiaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne -- 'n kunstige werk. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het bladgoud gemaak en dit in drade opgesny en ingeborduur in die blou, die pers en die bloedrooi wolstof en in die goed geweefde linne. Dit was die werk van 'n vakman. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die goud in dun plate uitgeklop en daarvan draadjies gesny om dit in die pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn linne in te werk – met die kundigheid van 'n vakman. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het goud plat geslaan en hulle het dun drade daarvan gesny. Hulle het met hierdie goue drade geborduur op die blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het goud in dun velle uitgerol en dun repies daaruit gesny. Die goue drade is dan op kunstige manier saam met die blou, pers en bloedrooi wol in die materiaal ingeweef. |