Exodus 39:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en 'n gordel van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, van naaldwerk; soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ook serpe van geborduurde materiaal waarin blou, pers en bloedrooi wol ingeweef is. Dit was net soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans 1933/1953 en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983 Hulle het ook 'n serp gemaak van goed geweefde linne, blou, pers en bloedrooi wolstof. Dit was weefwerk, soos die Here vir Moses beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ook die lyfserpe van fyn dubbeldraadlinne, met pers, purperrooi en karmosynrooi wol – met die kundigheid van 'n borduurder – soos die Here Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die kleremakers het die skouer-serp gemaak van goeie linne-materiaal en van blou, pers en rooi wol-materiaal, soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) serpe van goed geweefde linne, gestik met blou, pers en bloedrooi wol. Dit was soos die Here gesê het dit moes lyk.