Exodus 39:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het aan die soom van die mantel granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en dubbeldraad-linne. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al op die kant van die mantel het hulle blou, pers en bloedrooi tosseltjies vasgewerk wat uit garing gemaak is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En aan die soom van die mantel het hulle granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. |
| Afrikaans 1983 | Vir die some van die mantel het hulle granaatjies gemaak van goed geweefde blou, pers en bloedrooi wolstof. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het op die soomnate van die mantel granate geborduur met pers, purperrooi en karmosynrooi wol en dubbeldraadlinnevesel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het granate gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal. Hulle het die granate vasgewerk op die soom van die oorkleed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [24-26] Reg rondom die kleed, al op die soom van die kleed, het hulle blou, pers en bloedrooi tosseltjies vasgewerk, wat met goue klokkies afgewissel is. Dit was soos die Here gesê het dit moet wees. |