Exodus 39:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die borstas aan sy ringe aan die ringe van die skouerkleed vasgebind met 'n pers toutjie, sodat dit bo die skouergordel van die skouerkleed kon wees, en die borstas nie van die skouerkleed losgemaak sou word nie; soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie onderste ringetjies is aan mekaar vasgemaak met blou toutjies om te keer dat die borssak afsak. Alles is presies net so gemaak soos die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die ringe van die skouerkleed met 'n pers toutjie vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed kon afskuiwe nie, soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Die ringe van die borssak is met 'n blou toutjie aan die ringe van die skouerkleed vasgemaak, net bokant die gordel van die skouerkleed, sodat die borssak nie van die skouerkleed af wegskuif nie. Dit alles is gedoen volgens die voorskrif van die Here aan Moses. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die borstas met sy ringe aan die efod se ringe met 'n draad pers wol vasgemaak, sodat dit aan die band van die efod kon bly en die borstas nie van die efod sou wegskuif nie, soos die Here Moses beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het toe 'n blou woldraad geneem en hulle het die ringe van die borssak vasgebind aan die ringe van die skouer-kleed. Dit was bokant die belt van die skouer-kleed, sodat die borssak vas was aan die skouer-kleed. Hulle het alles gedoen soos die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het toe die onderste twee ringe van die borssak met ’n blou toutjie aan die ringe van die skouerkleed vasgesit, sodat dit nie laer as die gordel kon afsak nie. Dit was presies soos die Here vir Moses gesê het hulle dit moet maak. |