Exodus 39:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het twee goue ringe gemaak en dit aan die twee ente van die borstas gesit, aan die rand daarvan wat aan die binnekant van die skouerkleed was.
Afrikaans (NLV) 2011 Twee ander ringetjies is aan die onderkant van die borssak vasgewerk. Hulle was aan die agterkant vasgewerk waar dit oor die skouerkleed kom.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het ook twee goue ringe gemaak en die aan die twee onder-ente van die borstas bevestig, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.
Afrikaans 1983 Hulle het nog twee goue ringe gemaak en dit vasgewerk aan die onderste hoeke van die borssak, aan die agterkant waar dit teen die skouerkleed is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het twee goue ringe gemaak en dit aan die twee ander hoeke van die borstas, aan die binnerand, teen die efod vasgeheg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het ook twee goue ringe gemaak en hulle het dit vasgewerk aan die onderste twee hoeke van die borssak, aan die binnekant van die skouer-kleed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het nog twee ander goue ringe gemaak en hulle vasgewerk aan die onderste twee hoeke van die sak wat voor die bors kom. Dit is vasgewerk aan die binnekant waar dit teen die skouerkleed kom.