Exodus 39:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die twee ente van die twee toegedraaide kettings aan die twee kassies vasgemaak en dit aan die skouerstukke van die skouerkleed daarvoor vasgemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die punte van die kettinkies is aan die bande vasgewerk wat oor die skouers kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die twee ander ente van die twee toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en die dan aan die skouerstukke van die skouerkleed bevestig, aan die voorkant daarvan. |
| Afrikaans 1983 | Die ander twee punte van die kettinkies is aan die twee monterings aan die voorkant van die skouerbande van die skouerkleed vasgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die twee ander punte van die twee goue koorde het hulle aan die twee monterings vasgeheg. Hulle het dié dan aan die skouerbande van die efod, aan die voorkant, vasgeheg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die ander twee punte van die kettinkies vasgesit aan die twee kassies, en hulle het dit vasgewerk aan die skouerbande, aan die voorkant van die skouer-kleed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ander punte van die kettinkies is vasgesit aan die monterings op die bande van die deel wat oor die skouers kom. |