Exodus 39:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe het hulle doeke gemaak om in die heiligdom te dien, en die heilige klere vir Aäron gemaak; soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vir die priesters het hulle klere van blou, pers en bloedrooi materiaal gemaak. Hulle moes hierdie klere dra wanneer hulle by die heiligdom diens gedoen het. Hulle het dit presies net so gemaak soos die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het ook kunstige klere van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die heiligdom te dien. Ook het hulle die heilige klere vir Aäron gemaak soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Van die blou, pers en bloedrooi wolstof het Besaleël en sy helpers die geborduurde klere gemaak wat in die diens van die heiligdom gebruik is. Soos die Here vir Moses beveel het, het hulle vir Aäron ampsklere gemaak en dit gewy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van die pers, purperrooi en karmosynrooi wol het hulle die geweefde klere gemaak vir dienswerk in die heiligdom. Hulle het die heilige klere vir Aäron gemaak, soos die Here Moses beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Besaleël en die kleremakers het die gewyde klere vir Aäron gemaak soos die Here vir Moses gesê het. Hulle het die klere van blou, pers en rooi wol-materiaal gemaak. Aäron het dit gedra wanneer hy in die tempel gewerk het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die klere wat Aäron en sy seuns moes dra wanneer hulle by die tent gaan werk het, van blou, pers en bloedrooi materiaal gemaak. Hulle het Aäron se klere presies net so gemaak soos die Here gesê het dit gemaak moes word. |