Exodus 38:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die voorhof gemaak: aan die suidekant, na die suide, was die behangsels van die voorhof van fyn dubbeldraad-linne, honderd el.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook die binnehof gemaak. Die suidekant was van fyn linne gemaak, 44 meter lank.
Afrikaans 1933/1953 Hy het ook die voorhof gemaak. Aan die suidekant, na die suide toe, was daar die behangsels van die voorhof, van fyn dubbeldraad-linne, honderd el lank;
Afrikaans 1983 Hy het ook 'n voorhof gemaak. Aan die suidekant, die regterkant daarvan, was gordyne van goed geweefde linne, vyftig meter breed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het ook die binneplein gemaak. Aan die suidekant was die behangsels vir die binneplein van fyn dubbeldraadlinne, 'n honderd el lank.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [9-11] Besaleël het gordyne gemaak vir die oop stuk grond rondom die tempel-tent. Hy het gordyne van goeie linne-materiaal gemaak vir die suidekant en die noordekant. Die gordyne van elke kant was 100 el breed. Hy het die gordyne aan elke kant gehang aan 20 pale met 20 brons voetstukke. Hy het hake en silwer ringe gebruik om die gordyne op te hang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder het hulle ook ’n binnehof gemaak. Dit was ’n lapa reg rondom die tent. Die suidelike muur is van fyn linne gemaak. Dit was 44 meter lank.