Exodus 38:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die koperkom en sy voetstuk van koper gemaak, van die kykglase van die vroue wat by die ingang van die tent van samekoms bymekaargekom het.
Afrikaans (NLV) 2011 Besaleël-hulle het die waterbak en sy voetstuk uit koper gemaak. Die koper was afkomstig van die waterspieëls wat die vroue geskenk het wat by die ingang van die tabernakel gewerk het.
Afrikaans 1933/1953 Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.
Afrikaans 1983 Besaleël het 'n bronswaskom met 'n bronsvoetstuk gemaak van bronsspieëls wat gekom het van die vroue wat by die deur van die tent van ontmoeting werk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die bronswaskom en sy bronsvoetstuk gemaak van die spieëls van die vroue wat aan diens was by die ingang van die •Tent van Ontmoeting.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Besaleël het 'n was-skottel en 'n voetstuk van brons gemaak. Hy het dit gemaak van brons spieëls. Hy het die spieëls gekry by die vroue wat gewerk het by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ook die kom met sy voetstuk waar die werkers hulleself moes gaan was, van koper gemaak. Die koper is geskenk deur die vroue wat by die ingang van die tent gewerk het. Hulle het hulle koperspieëls hiervoor gegee.