Exodus 38:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die draaghoute in die ringe aan die kante van die altaar gesit om dit mee te dra; hy het die altaar hol gemaak met planke. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die drapale is deur die ringe aan die kant van die altaar gesteek. Die altaar self was hol van binne. Dit is uit geskaafde plank gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die draaghoute in die ringe gesteek, aan die kante van die altaar, om dit daarmee te dra; hy het dit hol, van planke, gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Die draaghoute is deur die ringe gesteek aan weerskante van die altaar om dit mee te dra. Die altaar is van plank gemaak, in die vorm van 'n kas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die draaghoute deur die ringe aan die kante van die altaar gesteek om dit daarmee te dra. Hy het die altaar van planke gemaak, hol aan die binnekant. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die dra-pale deur die ringe aan die kante van die altaar gesteek om die altaar te dra. Hy het die altaar van planke gemaak, dit was soos 'n kas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die drahoute is deur die ringe gesteek om die altaar te dra wanneer dit vervoer moes word. Die altaar was ’n houtkis wat van binne hol was. |