Exodus 38:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het vier ringe gegiet vir die vier ente van die koperrooster, om plekke vir die draaghoute te wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder het hy vier ringe van koper gemaak en aan die kante vasgesit. Die drapale moes deur die ringe gaan sodat die altaar gedra kon word.
Afrikaans 1933/1953 En hy het vier ringe aan die vier ente van die kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute.
Afrikaans 1983 Hy het vier ringe gegiet vir die vier kante van die bronsrooster om die draaghoute deur hulle te steek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vier ringe aan die vier hoeke van die bronstraliewerk gegiet as houers vir die draaghoute.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vier ringe gemaak en hy het dit vasgesit aan die vier hoeke van die tralies, 'n ring aan elke hoek. Hy het die dra-pale deur die ringe gesteek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ook vier koperringe gemaak waardeur die drastokkke vir die altaar gesteek kon word. Dit was aan die hoeke van die altaar vas.