Exodus 38:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het vir die altaar 'n koperrooster van netwerk gemaak onder die omtrek daarvan onder tot in die middel daarvan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook ’n rooster van koper gemaak en dit halfpad na onder en reg rondom, onder die rand, vasgesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het hy vir die altaar 'n traliewerk gemaak, 'n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helfte van die altaar. |
| Afrikaans 1983 | Hy het 'n bronstraliewerk om die altaar gemaak en dit onder die rand van die altaar vasgesit, sodat dit halfpad teen die altaar afloop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir die altaar 'n traliewerk gemaak, 'n maaswerk van brons, onder die rand, met die onderkant daarvan tot by die helfte van die altaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Rondom die altaar het hy tralies van brons gemaak. Die tralies was so hoog soos die helfte van die altaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het ook ’n rooster van koper vir die altaar gemaak. Dit is aan die boonste helfte van die altaar vasgesit waar dit tot bo by die rand gekom het. |