Exodus 38:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die voetstukke van die voorhof rondom, en die voetstukke van die voorhofpoort en al die penne van die tabernakel en al die penne van die voorhof rondom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ook die ander voetstukke van die regop pale rondom die binnehof, die voetstukke van die pale by die ingang en al die koperpenne wat gebruik is om die tent en die linnemuur rondom die binnehof te anker, is van hierdie koper gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die voetstukke van die voorhof rondom en die voetstukke van die poort van die voorhof en al die penne van die tabernakel, ook al die penne van die voorhof rondom. |
| Afrikaans 1983 | die voetstukke rondom die voorhof, die voetstukke van die ingang van die voorhof, al die penne van die tabernakel en al die penne rondom die voorhof. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die voetstukke rondom die binneplein en die voetstukke by die ingang van die binneplein, asook al die tentpenne van die tabernakel en al die tentpenne rondom die binneplein. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | ook die voetstukke van die pale rondom die oop stuk grond, die voetstukke by die ingang van die oop stuk grond, en al die penne vir die tempel-tent en vir die gordyne rondom die oop stuk grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | al die voetstukke van die pale wat rondom die binnehof gebruik is, die voetstukke van die pale by die ingang en al die koperpenne wat gebruik is om die tent en die linnemuur rondom die binnehof te anker. |