Exodus 38:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daarmee het hy die voetstukke gemaak vir die ingang van die tent van samekoms, en die koperaltaar en die koperrooster daarvoor, en al die gereedskap van die altaar,
Afrikaans (NLV) 2011 Die voetstukke van die regop pale by die ingang, die rand om die altaar, sy rooster en die gereedskap wat by die altaar gebruik word, is hiervan gemaak.
Afrikaans 1933/1953 En hy het daaruit die voetstukke van die ingang van die tent van samekoms gemaak en die koperaltaar en sy kopertraliewerk en al die gereedskap van die altaar;
Afrikaans 1983 Hiervan is gemaak die voetstukke vir die style van die deur van die tent van ontmoeting, die bronsaltaar met sy bronstraliewerk, al die gereedskap van die altaar,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het daarmee die voetstukke vir die ingang van die Tent van Ontmoeting gemaak, die bronsaltaar met sy bronstraliewerk en al die toebehore van die altaar,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het dit gebruik om die voetstukke te maak vir die pale by die ingang van die tent waar die tien gebooie was, en ook om die brons altaar en die brons tralies te maak wat om die altaar was, en alles wat by die altaar moes wees,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarvan is die volgende gemaak: die voetstukke van die regop pale by die ingang, die lys om die brandofferaltaar, sy koperrooster rondom, die gereedskap wat by die altaar gebruik is,