Exodus 38:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het al die voorwerpe van die altaar gemaak, die potte en die skoppe en die komme en die vleishoeke en die vuurpanne; al die voorwerpe daarvan het hy van koper gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die gereedskap wat by die altaar gebruik is, het hy uit koper gemaak. Daar was aspanne, asgrafies, komme, vurke en panne om kole in te dra. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ook al die gereedskap van die altaar gemaak: die potte en die skoppe en die komme, die vurke en die vuurpanne. Al die gereedskap het hy van koper gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Hy het al die gereedskap vir die altaar van brons gemaak: potte, skoppe, komme, vurke en vuurpanne. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het al die toebehore van die altaar gemaak, die houers, skoppies, offerbakke, vurke en vuurpanne. Al die toebehore het hy van brons gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het alles gemaak wat by die altaar moes wees: die potte, die grawe, die bakke, die vurke en die emmers vir die kole. Hy het dit alles van brons gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ook die gereedskap wat by die altaar gebruik moes word, is van koper gemaak. Daar was potte om die as in te krap, skoppe om dit op te skep, komme, vurke en panne om kole in te dra. |