Exodus 38:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En van die duisend-sewehonderd vyf-en-sewentig sikkels het hy kramme vir die pilare gemaak en hulle kapiteins oorgetrek en dit gevul.
Afrikaans (NLV) 2011 Van die silwer wat oor was, is die hakies en die relings gemaak en die bokante van die regop pale oorgetrek.
Afrikaans 1933/1953 Maar van die duisend sewe honderd vyf en sewentig sikkels het hy kramme vir die pilare gemaak, en hy het hulle toppe oorgetrek en hulle van ringe voorsien.
Afrikaans 1983 Daar is twintig kilogram silwer gebruik vir die kramme en gordynstokke van die style, asook vir die oortrek van die kopstukke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van die 1 775 sikkel het hy hakies vir die staanders gemaak, hulle bopunte bedek en van hegplekke voorsien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het 1 775 tempel-sikkels silwer oorgebly. Hulle het dit gebruik om die hake vir die pale te maak. Hulle het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer en hulle het dit aan mekaar vasgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die twintig en ’n vyfde kilogram is gebruik vir die hakies en die gordynstokke en om die bopunte van die pale oor te trek.