Exodus 38:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van die honderd talente silwer is die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel gegiet; honderd voetstukke van die honderd talente, 'n talent vir 'n voetstuk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Om die 100 voetstukke vir die regop pale van die binnehof te maak, is 100 stawe silwer gebruik. Dit was 34 kilogram vir elke voetstuk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die honderd talente silwer het gedien om die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel te giet; honderd voetstukke vir honderd talente, 'n talent vir 'n voetstuk. |
| Afrikaans 1983 | Daar is drie duisend vier honderd sewe en twintig kilogram silwer gebruik vir die giet van die voetstukke vir die style van die heiligdom en sy afskortings. Uit die drie duisend vier honderd sewe en twintig kilogram is honderd voetstukke gegiet, vier en dertig en 'n kwart kilogram per voetstuk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die 100 kikkar silwer was vir die giet van die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel – 100 voetstukke van die 100 kikkar, 'n kikkar per voetstuk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ambagsmanne het 100 talente silwer gebruik om die tempel-tent se voetstukke en die gordyn se voetstukke te maak. Hulle het 100 voetstukke gemaak. Hulle het een talent silwer vir elke voetstuk gebruik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die 100 stawe silwer is gebruik om die 100 voetstukke vir die regop pale te giet, dit wil sê 34 kilogram per voetstuk. |