Exodus 38:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n beka vir elke man, dit is 'n halwe sikkel, volgens die sikkel van die heiligdom, vir elkeen wat gegaan het om getel te word, van twintig jaar oud en daarbo, ses honderd duisend drie duisend vyf honderd en vyftig man. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle getel is, moes elke man bo twintig ses gram silwer betaal. In die sensus is 603 550 mans getel. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n beka vir elke persoon, dit is 'n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom, van elkeen wat oorgegaan het na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, naamlik ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig man. |
| Afrikaans 1983 | Volgens die standaardgewig van die heiligdom is dit ongeveer ses gram per kop vir elkeen van twintig jaar en ouer wat vroeër getel is: daar was toe ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig man. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was 'n beka per kop, 'n halfsikkel volgens die standaardgewig van die heiligdom, vir elkeen vanaf twintig jaar en ouer wat getel is, altesaam 603 550 man. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke man wat 20 jaar of ouer as 20 jaar was, moes 'n halwe tempel-sikkel silwer gee. Daar was 603 550 mans. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die volk getel is, moes elke man bo twintig wat getel is, ses gram silwer betaal. Daar is in die sensus 603 550 mans getel. |