Exodus 38:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die silwer van die geteldes van die vergadering was honderd talente en duisend sewe honderd vyf en sestig sikkels, volgens die sikkel van die heiligdom;
Afrikaans (NLV) 2011 Die silwer wat bymekaargemaak is toe die volk getel is, was altesaam 3 447 kilogram volgens die standaardgewig van die heiligdom.
Afrikaans 1933/1953 En die silwer van die geteldes van die vergadering was honderd talente en duisend sewe honderd vyf en sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom;
Afrikaans 1983 Die silwer afkomstig van die volk wat vroeër getel is, bereken volgens die standaardgewig van die heiligdom, was drie duisend vier honderd sewe en veertig kilogram.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die silwer van die geteldes van die volksvergadering was 100 kikkar en 1 775 sikkel, volgens die standaardgewig van die heiligdom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het die silwer gekry toe hulle die Israeliete getel het. Dit was 100 talente en 1 775 tempel-sikkels silwer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die silwer wat bymekaargemaak is toe die volk getel is, was 3 400 kilogram plus nog twintig en ’n vyfde kilogram.