Exodus 38:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die goud wat vir die werk in beslag geneem is by al die werk van die heiligdom, naamlik die goud van die offer, was nege en twintig talente en sewe honderd en dertig sikkels, volgens die sikkel van die heiligdom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die goud wat die volk vrywillig gebring het om die tabernakel te bou, was in totaal 1 002 kilogram. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die goud wat vir die werk gebruik is, by al die werk van die heiligdom -- die goud wat as offer aangebied was, het bedra nege en twintig talente en sewe honderd en dertig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom. |
| Afrikaans 1983 | Die hoeveelheid goud wat uit die spesiale bydrae ingekom het, en wat gebruik is vir al die werk aan die heiligdom, bereken volgens die standaardgewig van die heiligdom, was duisend en twee kilogram. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die goud wat vir die werk gebruik is by al die werk aan die heiligdom – dit was die goud van die •gewyde gawes – was 29 kikkar en 730 sikkel, volgens die standaardgewig van die heiligdom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het 29 talente en 730 tempel-sikkels goud gebruik om die tempel te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die goud wat gebruik is om alles vir die tent te maak, was in totaal 986 kilogram goud en 38 kilogram silwer. Dit het gekom uit die vrywillige bydraes wat die volk gemaak het. |