Exodus 38:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En saam met hom was Oholiab, seun van Ahísamag, uit die stam van Dan, 'n graveerder en 'n kunswerker en 'n borduurster in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Oholiab, Agisamak se seun uit die Danstam, het hom gehelp. Hy het uitgemunt in die ontwerp en weef van blou, pers en bloedrooi wol en linne. |
| Afrikaans 1933/1953 | En saam met hom Oholiab, die seun van Ah¡samag, van die stam van Dan, 'n ambagsman en kunstenaar en kunswewer in pers en in purperrooi en in bloedrooi stowwe en in fyn linne. |
| Afrikaans 1983 | Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, het hom gehelp. Oholiab was 'n vakman en 'n ontwerper en 'n wewer van blou, pers en bloedrooi wolstof en van linne. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saam met hom was Oholiab, seun van Agisamag, van die stam van Dan, 'n vakman en ontwerper, 'n borduurder van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn linnedraad. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saam met hom het Oholiab gewerk. Oholiab was die seun van Agisamak van die Dan-stam. Hy was 'n ambagsman en hy kon planne teken en het blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal geweef. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Oholiab die seun van Agisamak uit die stam van Dan het hom gehelp. Hy was ’n vakman en ontwerper wat die bekwaamheid gehad het om borduurwerk te doen met blou, pers en bloedrooi wol op linne. |