Exodus 38:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die som van die tabernakel, die tent van die Getuienis, soos dit getel is volgens die bevel van Moses vir die diens van die Leviete, deur die hand van Itamar, die seun van die priester Aäron.
Afrikaans (NLV) 2011 Hier volg nou ’n lys van die materiaal wat gebruik is om die tent te maak waarin die klippe met getuienis was. Moses het die Leviete opdrag gegee om dit alles op te skryf. Hulle het dit onder leiding van die priester Aäron se seun Itamar gedoen.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die berekening van die koste van die tabernakel, van die tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moses, deur die diens van die Leviete, onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron.
Afrikaans 1983 Hier volg die hoeveelhede van die materiaal wat gebruik is om die tabernakel waarin die getuienis was, op te rig. Dit is in opdrag van Moses bereken deur die Leviete wat gewerk het onder leiding van Itamar seun van die priester Aäron.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dít is die inventaris van die tabernakel – die tabernakel met die Getuienis – wat in opdrag van Moses opgestel is deur die Leviete onder leiding van Itamar, seun van Aäron, die priester.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hier is 'n lys van alles wat hulle gebruik het om die tempel-tent te maak waarin die tien gebooie was. Moses het gesê Itamar, die seun van die priester Aäron, moet vir die Leviete sê om alles op te skryf wat die ambagsmanne gebruik het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hier volg nou presies die hoeveelheid materiaal wat gebruik is om die tent te maak. Die Leviete het alles onder leiding van Itamar presies opgeteken. Moses het gesê dat dit gedoen moes word.