Exodus 38:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle pilare was vier en hulle voetstukke van koper vier; hulle kramme van silwer en die oortreksel van hulle kapiteins en hulle ringe van silwer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit het aan vier regop pale op vier kopervoetstukke gehang. Die bopunte van die regop pale, die relings tussen die pale waaraan die materiaal gehang het en die hakies wat gebruik is, was alles van silwer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer. |
| Afrikaans 1983 | Daar was ook nog vier style met bronsvoetstukke, en silwerkramme. Die style se kopstukke was met silwer oorgetrek, en die gordynstokke was van silwer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vier staanders en vier voetstukke was van brons. Hulle hakies was van silwer, en die plaatwerk aan die bopunte en hulle hegplekke was van silwer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was vier pale met vier brons voetstukke en silwer hake. Hy het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer, en ook die ringe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is aan vier pale met hulle voetstukke van koper gehang. Die pale se bopunte, die hakies wat gebruik is en die gordynstokke waaraan dit hang, was van silwer. |