Exodus 38:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die behangsel vir die poort van die voorhof was naaldwerk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; en twintig el was die lengte en die hoogte in die breedte vyf el, volgens die behangsels van die voorhof.
Afrikaans (NLV) 2011 Die gordyn by die ingang van die binnehof is gemaak van geweefde linne. Daar was blou, pers en bloedrooi wol ingeweef en dit was ook geborduur. Dit was tien meter breed en soos die hele afskorting van die binnehof reg rondom, twee meter hoog.
Afrikaans 1933/1953 En die bedekking van die poort van die voorhof was veelkleurige werk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne: twintig el was die lengte, en die hoogte -- tewens die breedte van die stof -- vyf el, net soos die behangsels van die voorhof.
Afrikaans 1983 Die afskorting in die ingang van die voorhof was tien meter breed en net soos die gordyne van die voorhof was dit twee en 'n half meter hoog. Dit was van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne, netjiese borduurwerk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die gordyn by die ingang van die binneplein is van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne gemaak – met die kundigheid van 'n borduurder. Dit was twintig el lank en die hoogte oor die volle breedte was vyf el, in ooreenstemming met die behangsels van die binneplein.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir die gordyn in die ingang blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal gebruik. Die gordyn was 20 el lank en vyf el hoog, soos die gordyne rondom die oop stuk grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gordyn by die ingang na die binnehof aan die oostekant, is gemaak van geweefde linne met blou, pers en bloedrooi weefwerk en borduursel. Dit was nege meter lank en, soos die hele afskorting van die binnehof reg rondom, bykans twee meter hoog.