Exodus 38:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die voetstukke vir die pilare was van koper; die kramme van die pilare en hulle ringe van silwer; en die oortreksel van hulle kapiteins van silwer; en al die pilare van die voorhof was vol silwer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die voetstukke was van koper en al die relings en hakies was van silwer. Die regop pale was aan hulle bokante met silwer oorgetrek. Die relings waaraan die materiaal vir die mure gehang het, was ook van silwer. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die voetstukke van die pilare was van koper, en die kramme en die ringe van die pilare van silwer; en die oortreksel van hulle toppe van silwer; en hulle self, al die pilare van die voorhof, was van silwerringe voorsien. |
| Afrikaans 1983 | Die voetstukke vir die style was van brons, hulle kramme en gordynstokke van silwer. Hulle kopstukke was met silwer oorgetrek. Al die style van die voorhof het silwergordynstokke gehad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die voetstukke van die staanders was van brons, die hakies en hegplekke van die staanders was van silwer, die plaatwerk aan die bopunte was van silwer. Die staanders is van silwerhegplekke voorsien, al die staanders van die binneplein. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die voetstukke van die pale van brons gemaak en die hake en ringe van die pale het hy van silwer gemaak. Hy het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer, en daar was silwer ringe aan al die pale rondom die oop stuk grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die voetstukke van al die pale was van koper gemaak. Die hakies waaraan die materiaal gehang het en die gordynstokke waardeur dit geryg is, was alles van silwer. |