Exodus 37:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het daarvoor twee goue ringe gemaak onder sy kroon, aan die twee hoeke daarvan, aan die twee kante daarvan, as plekke vir die draaghoute om dit mee te dra.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het twee goue ringe aan die teenoorstaande kante net onder die rand vasgesit.
Afrikaans 1933/1953 Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
Afrikaans 1983 Verder het hy twee goue ringe vir elke kant gemaak en dit aan weerskante, teenoor mekaar, onderaan die lys vasgesit om die draaghoute waarmee die altaar gedra moes word, daardeur te steek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Twee goue ringe het hy daarvoor gemaak, onder die rand, weerskante aan die twee sykante, as houers vir die draaghoute, om dit daarmee te dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het twee goue ringe gemaak en hy het dit vasgesit onder die rand aan die twee kante van die altaar. Hy het die dra-pale deur die ringe gesteek om die wierook-altaar te dra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het twee stelle draringe van goud vir die altaar laat maak en hulle aan die twee teenoorstaande kante net onder die omranding vasgesit. Daardeur kon die drastokke gesit word waaraan die altaar gedra kon word.