Exodus 37:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het dit met suiwer goud oorgetrek, die bokant daarvan en die sykante rondom en sy horings; ook het hy daarvoor 'n goue kroon gemaak rondom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die bokant, die sykante en die horings op die hoeke met suiwer goud oorgetrek. Hy het ook ’n rand van goud reg rondom die tafel vasgesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het daarvoor 'n goue krans gemaak rondom. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die bokant, die sye rondom en die horings met suiwer goud oorgetrek. Besaleël het 'n goue lys rondom die altaar vasgesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het dit met suiwer goud oorgetrek – die bokant, die kante reg rondom, en die horings. Hy het reg rondom 'n goue rand daarvoor gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die wierook-altaar oorgetrek met skoon goud, die bokant van die altaar, die kante rondom die altaar, en die horings. Hy het 'n goue rand rondom die altaar vasgesit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Alles, van die plat vlak bo-op en die vier sye, sowel as die horings, was met suiwer goud oorgetrek. Daar was ook ’n rand van goud reg rondom die altaar. |