Exodus 37:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; sy lengte was 'n el en sy breedte 'n el; dit was vierkantig; en twee el was sy hoogte; sy horings was van dieselfde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Besaleël het daarna die altaar vir die wierook uit akasiahout gemaak. Dit was vierkantig, ’n halwe meter breed aan elke kant en een meter hoog. Die tafel met sy horings op die hoeke het alles saam ’n eenheid gevorm. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; 'n el was sy lengte en 'n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk. |
| Afrikaans 1983 | Besaleël het 'n wierookaltaar van doringhout gemaak. Dit was 'n half meter in die vierkant en een meter hoog. Die altaar en sy horings was 'n eenheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die altaar vir die reukwerk van doringhout gemaak. Dit was 'n el lank en 'n el breed. Dit was vierkantig, en twee el hoog. Die horings was deel daarvan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Besaleël het 'n wierook-altaar van doringhout gemaak. Dit was vierkantig, een el lank en een el breed, en dit was twee el hoog. Die altaar en sy horings was een stuk hout. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onder Besaleël se toesig is ook die kleiner altaar uit akasiahout gemaak. Dit was vierkantig: 45 sentimeter breed en 90 sentimeter hoog. Dit het een geheel gevorm met sy horingagtige uitsteeksels. |