Exodus 37:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle knoppe en hulle arms was van dieselfde: dit alles was een geslaan werk van suiwer goud.
Afrikaans (NLV) 2011 Die arms en blomknoppe was alles uit goud en het ’n eenheid gevorm.
Afrikaans 1933/1953 Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.
Afrikaans 1983 Die knoppe en die arms was alles een stuk, een stuk suiwer geslae goud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die blomknoppe en arms was 'n deel van die staander, in sy geheel geplet uit suiwer goud.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die blomknoppe en die arms was alles een stuk goud, skoon goud wat Besaleël met 'n hamer geslaan en gevorm het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die arms en blomknoppe is alles uit een stuk goud gemaak.