Exodus 37:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n knop onder twee arms van dieselfde en 'n knop onder twee arms van dieselfde, en 'n knop onder twee arms van dieselfde, volgens die ses arms wat daaruit uitgaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onder aan elke arm waar dit uit die sentrale balk kom, was daar ’n blomknop. |
| Afrikaans 1933/1953 | daar was 'n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan -- vir die ses arms wat daaruit uitgaan. |
| Afrikaans 1983 | Onder elke paar arms van die kandelaar was daar 'n knop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die ses arms wat uit die staander vertak, was daar 'n blomknop onder aan die eerste twee arms, 'n blomknop onder aan die tweede twee arms, en 'n blomknop onder aan die derde twee arms. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Op elke plek waar twee arms van die lampstaander bymekaarkom, was daar 'n blomknop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan die onderkant van elkeen van die arms, net waar dit uit die steel kom, was daar ’n blomknop. |