Exodus 37:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Drie bakkies gemaak volgens die mode van amandels aan een arm, 'n knop en 'n blom; en drie bakkies soos amandels gemaak aan 'n ander arm, 'n knop en 'n blom; so deur die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aan elke arm was daar ’n blomkelk in die vorm van ’n amandelbloeisel met knoppe en kroonblare. |
| Afrikaans 1933/1953 | Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom -- so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. |
| Afrikaans 1983 | Daar was drie blomkelke in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare aan elke arm van die kandelaar. So was dit vir die ses arms wat uit die stam van die kandelaar vertak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was drie kelke, gevorm soos amandelbloeisels, met 'n blomknop en blom op een arm, en drie kelke, gevorm soos amandelbloeisels, met 'n blomknop en blom op elke volgende arm. So was daar kelke aan die ses arms wat uit die menora vertak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was drie blomme aan elke arm. Die blomme het gelyk soos die blomknoppe en blomme van amandelbome. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan elkeen van die ses arms wat uit die stam uitkom, was daar drie kelkies in die vorm van amandelbloeisels met knoppe en kroonblare. |