Exodus 37:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die kandelaar van suiwer goud gemaak; sy steel en sy tak, sy bakke, sy knoppe en sy blomme was van dieselfde;
Afrikaans (NLV) 2011 Besaleël het die kandelaar uit suiwer goud gemaak. Sy voetstuk, steel, blomkelke, knoppe en kroonblare het almal saam ’n eenheid gevorm.
Afrikaans 1933/1953 Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.
Afrikaans 1983 Hy het ook 'n kandelaar van suiwer goud gemaak. Die kandelaar se voetstuk, stam, blomkelke, knoppe en kroonblare is van geslae goud gemaak sodat dit alles een geheel was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die menora van suiwer goud gemaak. Met pletwerk het hy die menora – dit is sy voetstuk en sy staander – gemaak. Die kelke, blomknoppe en blomme was deel daarvan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Besaleël het 'n lampstaander van skoon goud gemaak. Die lampstaander se voetstuk, die stam, die blomme en blomknoppe was alles een stuk goud.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Besaleël-hulle het ook die goue ligstaander gemaak. Sy voetstuk en steel is uit een stuk goud gemaak. Dit is met blomkelke, blomknoppe en kroonblare versier.