Exodus 37:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die voorwerpe wat op die tafel was, sy skottelgoed en sy lepels en sy komme en sy deksels om mee te bedek, van suiwer goud gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die toebehore vir die tafel het hy van suiwer goud gemaak. Daar was skottels en bakke waarin die geurige offers gekom het en flesse en komme wat by die tafel en by die drankoffer gebruik is.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.
Afrikaans 1983 Hy het die toebehore vir die tafel van suiwer goud gemaak: skottels, panne, kanne en komme om die drankoffer mee uit te giet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die toebehore wat op die tafel moet wees, gemaak: die skottels, bakke, komme en bekers waarmee •drankoffers uitgegiet word. Dit was van suiwer goud.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het ook die goed gemaak wat hulle by die tafel gebruik het: die skottels, panne, kanne en bakke. Hulle het die drank-offers daarmee uitgegooi. Besaleël het alles van skoon goud gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarby het hulle die skottels en bakke waarin die geurige offers kom, en die flesse en komme wat by die tafel gebruik word, van suiwer goud gemaak.