Exodus 37:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het vier goue ringe daarvoor gegiet en die ringe aan die vier hoeke wat aan die vier voete daarvan was, vasgesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vier ringe vir die tafel gegiet, en dit aan die vier hoeke gesit waar die pote was.
Afrikaans 1933/1953 Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.
Afrikaans 1983 Hy het vier goue ringe vir die tafel gegiet en dit aan die vier hoeke vasgesit, regoor die vier pote.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vier goue ringe daarvoor gegiet en die ringe toe aan die vier hoeke van die vier pote vasgesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vier goue ringe gemaak en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die tafel, een ring by elke tafel-poot.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [13-14] Hulle het ook vir die tafel vier goue ringe gemaak waardeur drastokke gesteek kan word. Hulle het die ringe aan die lang sye onder aan die hoeke, net onder die lys vasgesit. Daar kon twee stokke daardeur gesteek word om die tafel te dra.