Exodus 37:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Besáleël het die ark van akasiahout gemaak: twee en 'n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte en anderhalf el sy hoogte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Besaleël het toe die ark van akasiahout gemaak. Dit was een en ’n kwart meter lank en ’n driekwart meter breed. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Bes leël het die ark van akasiahout gemaak; twee en 'n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte. |
| Afrikaans 1983 | Besaleël het die ark van doringhout gemaak: een en 'n kwart meter lank, 'n driekwart meter breed en net so hoog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Besaleël het die ark van doringhout gemaak, twee en 'n half el lank, een en 'n half el breed en een en 'n half el hoog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Besaleël het 'n kis van doringhout gemaak. Die kis was twee en 'n halwe el lank, een en 'n halwe el breed en een en 'n halwe el hoog. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Besaleël het die ark gemaak waarin die bewys van die ooreenkoms gekom het. Dit was van akasiahout. Dit was 115 sentimeter lank, en 70 sentimeter breed en hoog. |