Exodus 36:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die lengte van een tentdoek was agt en twintig el, en die breedte van een tentdoek vier el; die tentdoeke was almal een grootte.
Afrikaans (NLV) 2011 Elkeen van die stukke materiaal was dieselfde grootte. Elkeen was veertien meter lank en twee meter breed.
Afrikaans 1933/1953 Die lengte van elke tentdoek was agt en twintig el en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke het een maat gehad.
Afrikaans 1983 Die lengte van elke stuk materiaal was veertien meter en die breedte twee meter, almal was presies ewe groot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die lengte van elke tentdoek was agt-en-twintig el en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke het dieselfde afmetings gehad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke stuk materiaal was 28 el lank en vier el breed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elkeen van hierdie tien stukke was presies ewe groot. Elkeen was veertien meter lank en twee meter breed.