Exodus 36:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elke wyse van hart onder die wat die werk van die tabernakel verrig het, het tien tentdoeke gemaak van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe; met gérubs van listige werk het hy dit gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal wat kon help, het met die werk aan die tabernakel begin. Hulle het eers die onderste laag uit tien stukke materiaal gemaak. Hulle het blou, pers en bloedrooi draad ingeweef en gerubs daarop uitgeborduur. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het dan almal wat kunsvaardig was onder die werksmense die tabernakel uit tien tentdoeke vervaardig; uit fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met g,rubs; as kunstige werk het hy dit gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Die begaafde vakmanne het met die werk aan die tabernakel begin. Hulle het tien stukke materiaal van goed geweefde linne en blou, pers en bloedrooi wolstof gebruik en gerubs daarop uitgeborduur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die vaardiges onder dié wat die werk gedoen het, het die •tabernakel met tien tentdoeke van fyn dubbeldraadlinne en pers, purperrooi en karmosynrooi wol gemaak, met gerubs daarop – met die kundigheid van 'n vakman. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die goeie ambagsmanne het die tempel-tent begin maak. Hulle het tien stukke materiaal geneem. Dit was goeie linne-materiaal en blou, pers en rooi wol-materiaal. Hulle het gerubs op die materiaal geborduur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elkeen wat kon help, het saamgewerk. Hulle het die onderste laag van die dak uit tien stukke materiaal van fyn linne gemaak waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef was en waarop figure met vlerke geborduur was. |