Exodus 36:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het bevel gegee, en hulle het dit in die hele laer laat uitroep en gesê: Laat geen man of vrou meer werk vir die offer van die heiligdom doen nie. Die mense is dus weerhou om te bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het toe oral in die kamp laat afkondig: “Moenie meer offergawes bring nie. Julle het nou genoeg gegee.” Die volk het toe opgehou om te bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Moses bevel gegee, en hulle het 'n oproep deur die laer laat gaan en gesê: Laat geen man of vrou verder enige werksaamheid verrig in verband met die offergawe vir die heiligdom nie. Toe het die volk opgehou om te bring; |
| Afrikaans 1983 | Toe het Moses in die kamp rond laat weet dat die mense nie meer iets as offergawe vir die heiligdom moet gee nie, en eers toe het die volk opgehou bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het toe opdrag gegee en hulle het 'n boodskap deur die hele kamp gestuur: “Geen man of vrou moet verder werk aan wydingsgeskenke vir die heiligdom nie.” Die volk het toe opgehou om te bring, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê hulle moet vir almal in die kamp sê niemand moet nog presente vir die tempel gee nie. Die mense het toe nie weer presente gebring nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het toe oral in die kamp laat afkondig dat hulle moet ophou om goed vir die werk te bring. Die volk het opgehou om goed te bring. |