Exodus 36:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het met Moses gespreek en gesê: Die volk bring baie meer as genoeg vir die diens van die werk wat die HERE beveel het om te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die volk bring nou meer as wat ons nodig het om die werk te doen wat die Here vir ons gegee het,” het hulle gesê. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle het met Moses gespreek en gesê: Die volk bring meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk waarvan die HERE die vervaardiging beveel het. |
| Afrikaans 1983 | vir Moses kom sê: “Die volk bring meer as wat nodig is om die werk te doen wat die Here beveel het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir Moses kom sê: “Die volk bring nou meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk wat die Here hulle beveel het om te doen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir Moses gesê: “Die mense bring meer as wat nodig is vir die werk wat die Here gesê het ons moet doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en vir hom gesê: “Die volk bring nou meer goed as wat ons nodig het om die dinge te maak wat die Here gesê het.” |