Exodus 36:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy vyf pilare met hulle kramme, en hy het hulle kapiteins en hulle ringe met goud oorgetrek, maar hulle vyf voetstukke was van koper. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie afskorting is met goue hakies aan vyf regop pale gehang. Die pale is met goud oorgetrek. Elkeen se voetstuk was van koper gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die vyf pilare wat daarby behoort, met hulle kramme; en hy het hulle toppe en ringe met goud oorgetrek; en hulle vyf voetstukke was van koper. |
| Afrikaans 1983 | Vir hierdie afskorting het hulle vyf style gemaak met kramme daaraan. Die bokante van die style was met goud oorgetrek, so ook die gordynstokke. Die vyf voetstukke was van brons. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | asook die bypassende vyf staanders met hulle hakies. Hy het die bopunte van die staanders met goud oorgetrek. Hulle hegplekke was van goud en hulle vyf voetstukke was van brons. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die gordyn opgehang aan vyf pale met hake. Hulle het die bo-punte van die pale oorgetrek met goud, en ook die dwarspale. Hulle het die vyf voetstukke van brons gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir die gordyn het hulle vyf regop staanders gemaak met goue hakies. Die bopunte van die staanders en die gordynstokke wat daarop rus, het hulle met goud oorgetrek. Vir elke staander het hulle ’n voetstuk van koper gemaak. |