Exodus 36:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het 'n behangsel vir die ingang van die tabernakel gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, van naaldwerk; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Tweede afskorting is vir die ingang van die tent gemaak. Dit is gemaak van geweefde materiaal met blou, pers en bloedrooi wol. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ook vir die ingang van die tent 'n bedekking gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; |
| Afrikaans 1983 | Hulle het 'n afskorting vir die deur van die tent gemaak van goed geweefde linne en van blou, pers en bloedrooi wolstof. Dit was borduurwerk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ook vir die ingang van die tent 'n gordyn, met pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne gemaak – met die kundigheid van 'n borduurder – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het 'n gordyn gemaak vir die ingang van die tent. Hulle het dit gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hulle het daarop geborduur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir die ingang van die tent, aan die regterkant, het hulle ’n gordyn van geweefde materiaal gemaak waardeur blou, pers en bloedrooi wol gestik was. |